Bergvliet Cottages Clarens

Clarens view

Bergvliet Cottages Clarens

A peacefull retreat for the weary traveller.

Bespreek nou

Welkom by ons storie

Cornelia and Erich — owners of Bergvliet

Ons is Erich en Cornelia, die eienaars van Bergvliet. Bergvliet het begin in ’n stilte. In ’n behoefte aan ’n plek waar mense kan asemhaal… waar die wêreld ’n bietjie sagter klink… waar die Here se teenwoordigheid voel soos lig wat deur ’n gordyn val.

Ons het nie net eenhede geskep nie. Ons het ’n rusplek geskep — vir ons, vir jou, vir almal wat dalk ’n oomblik nodig het om weer heel te voel. Elke muur, elke kleur, elke klein detail is gekies met die hoop dat iemand hier sal instap en voel: 'Hier mag ek net wees.'

Ons glo in eenvoud, in warmte, in skoonheid wat nie hard probeer nie. Ons glo dat gasvryheid sag is — ’n ekstra kombers, ’n oop gordyn, die son op die vloer, die stilte wat jou skouers laat sak. En as jy by Bergvliet aankom, hoop ons jy voel presies dit: dat hier ’n plek is waar jou hart weer rustig kan word. En dat jy weer sal terugkeer na bekende vrede keer op keer.

Gebou deur genade — onderhou deur God. (Ps. 127:1)


Our Cottages

Dulzura Hero
Dulzura

Bespreek nou
Dulzura Logo
Alegria Hero
Alegria

Bespreek nou
Alegria Logo
Esperanza Cover
Esperanza

Bespreek nou
Esperanza Logo
Beskikbaar
Salvado Cover
Salvado

Bespreek nou
Salvado Logo

Stories oor Bergvliet

Elke eenheid het sy eie storie — geïnspireer deur kuns, natuur en tydlose karakter.


Bergvliet Story Image 1 Bergvliet Story Image 2 Bergvliet Story Image 3

’n Kykie in die siel van Bergvliet – waar kreatiwiteit en kalmte ontmoet.

Ons Reis tot dusver

In September het Bergvliet een jaar oud geword — ’n jaar van groei, genade en ongelooflike mense wat deel geword het van ons storie. Elke eenheid is meer as ’n plek om te bly; dis ’n weerspieëling van hoop, liefde en geloof in ’n droom wat stadig lewe gekry het.


Cornelia en Erich by Bergvliet

Die Stilte van Bergvliet


Stilte by Bergvliet1

In hulle eie woorde...

Ons glo die mooiste stories oor Bergvliet word nie deur ons vertel nie, maar deur die mense wat hier kom rus het. Dít is die woorde wat ons telkens weer herinner waarom ons doen wat ons doen.

🌿

"Dis só rustig hier."

🤍

"Die plek voel warm... soos iemand wat vir jou sorg."

🏡

"Ek wou nie huis toe gaan nie."

"Hier sak jou skouers en jou hart word lig."


★★★★★

Geverifieerde Gasteresensies

Ons is dankbaar vir elke gas wat hul ervaring met ons gedeel het. Lees meer oor Bergvliet op Google en LekkeSlaap, of laat gerus jou eie resensie nadat jy by ons gekuier het.

⭐ Read Google Reviews ✍ Leave a Google Review 🏡 Read LekkeSlaap Reviews

Elke gas word deel van Bergvliet se storie. Dankie dat julle ons vertrou het om deel van julle Clarens-herinneringe te wees.

Winter in Clarens | Knus Bergwegbreke

Clarens in die winter is iets besonders.

Dink sneeu op die berge, vars oggende, stil strate en warm kaggels — die perfekte tyd om asem te skep en stadig te leef.

By Bergvliet wag drie romantiese paartjie-eenhede en Salvado, ons ruim 6-slaap eenheid vir gesinne of vriende wat saam wil wegkom.

WhatsApp 074 898 3299

*Winternaweke vul vinnig op. Onderhewig aan beskikbaarheid.*

Contact Us

📞 061 647 8670

💬 WhatsApp: 074 898 3299

📧 bergvlietcottages00@gmail.com


Booking Enquiry / Besperkingsnavraag

Clarens Akkommodasie – Gereelde Vrae

Waar is Bergvliet Cottages in Clarens geleë?

Bergvliet Cottages is in die hart van Clarens, Vrystaat geleë — naby die dorpskern en gerieflik naby Golden Gate Highlands Nasionale Park.

Is Bergvliet selfsorg akkommodasie in Clarens?

Ja. Bergvliet bied kuns-geïnspireerde selfsorg akkommodasie in Clarens, met privaat en stylvolle eenhede wat volledig toegerus is.

Is Bergvliet geskik vir ’n romantiese wegbreek?

Bergvliet is besonders geskik vir paartjies wat ’n romantiese en rustige wegbreek in Clarens soek.

Hoe ver is Bergvliet van Golden Gate?

Bergvliet is ideaal geleë vir gaste wat verblyf naby Golden Gate soek.

Wanneer is die beste tyd om Clarens te besoek?

Clarens is ’n gewilde bestemming regdeur die jaar.

May your heart always find its way back to the mountain.

© 2026 Bergvliet Cottages Clarens

Bergvliet Cottages Logo